Hierdie boek, geskryf vir die leek in 'n gebruikersvriendelike styl, wys hoe jy met jou eie oë of met 'n verkyker aktief aan sterrekunde kan deelneem. Die boek verduidelik hoe jy byvoorbeeld Venus in die daglig kan sien en hoe 'n mens die mane van Jupiter, wat voortdurend in die aand van posisie verander, kan dophou.
Sterrekunde Binne Bereik is ook ideaal toegepas om skoliere sowel as opvoeders by te staan as 'n sterrekunde hulpbron, en om 'n belangstelling in algemene wetenskaplike beginsels soos ellipse te prikkel. Vind ook uit waarom die dae van die week van sterrekunde afgelei is.
- Gebruik die 3D-bril en die sterrevelde in die boek om die wye afstande tussen sterre te kan sien.
- Verstaan hoekom die planete op sekere plekke teen sekere tye te siene is.
- Meer as 200 kleurfoto's en diagramme.
- Kry 'n begrip van skaal deur 'n mini-sonnestelsel te bedink waar die Son op Nelson Mandela-brug in Johannesburg is en die planete proporsioneel al die pad tot by Neptunus op Kerkplein in Pretoria is.
- Waarom is die lug blou en is daar dalk net 366 dae in 'n jaar?